Score my ‘n gwai

gwaideur Marlize Hobbs

Ek is Miesa, die sussie van Harry en Barend. Die dogter van Betta en Wilhelm. Van die Louwna-omgewing anderkant Vryburg. Van die vlaktes en die skaapkrale en die beesmis, van die landerye wat op die oes staan. Ek is Miesa van nou, ma van Naledi, getroud met my Facebook-liefde, Jasmyn. Dis wat ek graag wil vertel.

Ek is Siena Maamogwe. Met hierdie twee oge en hierdie kyk van my sien ek alles. Met hierdie hart wat so skop soos ʼn hinks in my, ken ek dinge wat ander mense net in hul slaap sien. Met hierdie kop se kyk sien ek wat môre gaan gebeur al klaar. As ek in jou se oge kyk, sal ek jou kan vertel van jouself. Maar ek word moeg van kyk en sien en sien. Hierdie is my storie wat ek saam met Miesa geleef het. Miesa en die twee broertjies Harry en Barend.

Oor die outeur:
Marlize Hobbs is gebore naby Vryburg in die Noordwes. Sy was etlike jare maatskaplike werker in Genyesa. In 2005 is haar eerste roman, Flarde, gepubliseer. Die boek het drie pryse ontvang: die UJ-prys vir ʼn debuutwerk, die Jan Rabie/Rapport-prys vir innoverende skryfwerk, en die Eugène Marais-prys. Deesdae woon en werk sy in Pretoria…

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R165-00*
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.