Sê ja vir geluk!

Jannie le Roux

Ons lewe in ’n tyd waarin dit lyk of al hoe meer mense hulle lewensvreugde verloor. Of dit nou oor finansies, politieke toestande of onrus in een of ander afgeleë deel van die wêreld is, mense is beswaard.

Jannie le Roux verduidelik in Sê ja vir geluk! dat vreugde ’n keuse is wat elke persoon elke dag moet maak. Hy wys in 366 oordenkings dat geluk in die alledaagse lê, soos die geluk om met ’n roeping doelgerig te leef, om vol energie te wees, om in verwondering wonderwerke te sien, die blydskap om in God te wees.

In Sê ja vir geluk! sal elke leser tot die besef kom dat ten spyte van swaarkry en hartseer ons ’n wonderlike God het wat vir ons omgee en net die beste vir ons wil hê

Oor die outeur
Jannie le Roux is tans leraar van die NG Kerk Gordonsbaai en was tot einde 2007 voorsitter van die Sinodale Kommissie Predikantebediening vir die Wes-Kaap. Jannie is ook ’n openbare spreker wat fokus op motivering en leierskap. Hy is getroud met Wilma. Hulle is die trotse ouers van drie kinders en is ook grootouers.

Uitgewer: CUM
Prys: R99,95*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.