Siel van ‘n vrou

Milanie Vosloo

Siel van ’n vrou is ’n pragtige volkleur-boekie vir vroue deur gewilde outeur Milanie Vosloo. In uiteenlopende stukkies soos “Jy ís mooi. Glo dit!”, “Vergifnis maak jou wérklik vry” en “Jý = die kroon van sy skepping” bevestig Milanie soos net sy kan dat elke vrou verseker kan wees van God se koesterende liefde. Die 20 stukkies word afgerond met ’n gebed en kerngedagte, en sal elke vrou laat met die gedagte dat sy kosbaar is vir God.

Hierdie sielsverrykende stukkies is geneem uit Milanie se rubriek “Siel van ’n vrou” in Lééf – met hart & siel.

Oor die outeur
Milanie Vosloo verstaan die hart, siel en lewensdilemmas van vandag se vrou. Vandaar haar gewildheid as skrywer en openbare spreker. Afgesien van vrou vir haar man, Johan, en ma vir haar kinders, Marizelle en Johan, is sy ook die afgelope 26 jaar die Besturende Direkteur van haar eie reklameagentskap, Uppe Marketing. Hierdie suksesvolle maatskappy het al verskeie toekennings onder haar bekwame leiding ontvang. Milanie is ook die afgelope 7 jaar die vroueskrywer van die e-kerk (www.ekerk.co.za) en hanteer die rubriek “Siel van ’n vrou” in die tydskrif Lééf – met hart & siel.

Uitgewer: CUM
Prys: R59,95*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.