Siende blind

deur Chanette Paul

Siende blind is ‘n spel van gesteelde identiteite en verskuilde agendas.

Cara van Dijk het om den brode begin romanses skryf. Sy is baie betaal hiervoor, maar haar skatryk pa, Karel van der Linde, en snobistiese man, die beeldhouer Paul van Dijk, dwing haar om ʼn skuilnaam, Mignon Maygdon, te gebruik. Cara bewaak haar skuilnaam baie goed, want toe sy besluit om ʼn volle roman, When we belong, te skryf, is daar talle raakpunte met haar eie gesin se doen en late.

When we belong word ʼn internasionale treffer en Cara word ryk. Toe plof haar wêreld egter in duie. Wie kan sy vertrou? Soos met ʼn blivet bestaan nie een van die mense om haar skynbaar in et een werklikheid nie.

Cara het ʼn geïsoleerde lewe gelei ná haar ontvoering meer as dertig jaar gelede. Haar mensekennis is geskoei op TV- karaters en storieboekhelde en –heldinne. Boonop is sy as skrywer van romantiese fiksie skynbaar nie toegerus vir die werklikheid waar gelukkige eindes skaar is nie.

Haar lewe ontaard in ʼn blivet, daardie optiese illusie wat met die knip van ʼn oog voortdurend verander en ook bekend staan as die duiwelsvurk. Begogel, is hoe sy voel. Êrens is daar waarhede, orals is daar leuens.

Siende blind is ʼn spanningsroman oor ʼn vrou wat probeer terugveg teen die oormag rampe wat haar een na die ander tref. In die proses maak sy ondeurdagte keuses wat verreikende gevolge net.

Om te oorleef, sal Cara moet vasstel waarom sy die teiken is en wie die hef in die hand het.

Oor die outeur:
Siende blind is reeds Chanette Paul se agt en dertigste boek. Haar debuutromanse is met die Perskor prys vir romantiese fiksie beloon. In 1999 en 2006 is Wip van die droomvanger en Leila word lig onderskeidelik op die kortlys vir die ATKV-prosaprys.

Paul word uiteindelik geliefd onder lesers met haar twee reekse, naamlik die sewe historiese romans genaamd die Davelvroue, en vyf spanningsromans wat in die volksmond bekend staan as die Gys Niemand-reeks. Boheem, die derde boek in dié reeks was ʼn finalis in die ATKV-Woordveertjieprys vir spanningsromans in 2010.

Ná die Gys-Niemand-reeks volg die Maanschijnbaai-tweeluik wat saam ʼn humoristiese familiedrama oor die vier Calitz-vroue van verskillende ouderdomme, in verskillende lewensfases wat moet saamstaan teen die samelewing. Die eerste boek in die tweeluik, Jo & Sue, word deur lesers aangewys as LAPA se 2012 Lekkerlit-boek van die jaar.
Chanette woon in ʼn pophuis op die oewer van die Kleine Rivier in die Overbergse dorpie, Stanford waar sy met allerlei storiedinge bedrywig is.

Uitgewer: LAPA uitgewers
Prys: R215-00
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.