Skool

Theo Kemp

Hy huiwer voordat hy klop. ’n Spiertjie spring in sy wang; hy raak aan die diktafoon in sy hempsak. Op die deur is ’n plaatjie met die woord “skoolhoof”. Hy het ’n lang pad gekom. Sy navorsing oor die Suid-Afrikaanse onderwyskrisis het hom geneem van skole wat brandarm, gevaarlik en versukkeld is tot die rykste skole waar die probleme nie armoede of geweld is nie, maar iets soos eetversteurings. Hy het in ’n doolhof beland, weet hy. Moontlike antwoorde lei net na ander vraagstukke; nuwe invalshoeke ontbloot net verdere krisisse. Hy kry te doen met karakters en situasies wat die skokkende statistiek in sy leeswerk tot grieselige lewe verwek. Hy huiwer voor hy klop . . .

Theo Kemp se debuut is ’n deurtastende ondersoek na Suid-Afrika se benarde onderwyssituasie, maar dis ook ’n pakkende verhaal oor die een wat die ondersoek doen. Dis ’n reisverhaal waarin nie net ’n komplekse aktualiteit verken word nie, maar ook die lewe van die reisiger, van ’n lewe in Suid-Afrika.

Oor die outeur
Theo Kemp is gebore in Humansdorp op 21 Januarie 1976, die jaar van televisie. Hy behaal ‘n MA aan die Universiteit van Stellenbosch oor voyeurisme in die poësie. Na ‘n kort onderwysloopbaan werk hy as projekbestuurder by die Woordfees. Tans is hy programbestuurder by die KKNK. Sy roman, Skool, is voltooi onder die studieleiding van Marlene van Niekerk.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R195,00*
* Prys onderhewig aan verandering
Publikasiedatum: 15 Augustus 2011

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.