Skrapnel

deur Irma Venter

Skrapnel is ‘n opwindende nuwe spanningsverhaal deur die skrywer van Skoenlapper. Joernalis Alex Derksen verdwyn terwyl hy ‘n storie oor ‘n mynsindikaat dek. Sarah, Alex se kuberkraker-vriendin, volg Ranna Abrahamson se spoor na Indië waar sy skuil van die gereg. Volgens Sarah is Ranna, vryskutfotograaf en Alex se groot liefde, die enigste een wat Alex kan help. Maar hoe hou die dood van Ranna se pa jare gelede verband met Alex se verdwyning? Iewers in Ranna se herhinneringe lê die leidraad om ‘n lank vergete misdaad op te los, maar sal sy dit herken as sy nie eens weet waarna sy soek nie?

Oor die outeur:
Irma Venter is ‘n joernalis en het onder meer drie Pica-toekennings as handel-en nywerheidskrywer van die jaar ontvang. Reis is haar passie en sy het al ongeveer 30 lande besoek. Sy hou van lughawens, woestyne, Labradors, Suid-Afrikaanse produkte, mense wat nog die moeite doen om kos te maak, goeie whiskey, koffie en sjokolade, en nie noodwendig in daardie volgorde nie.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R190-00*
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.