Skryfkompetisie vir hoërskoolleerders aangebied

Fanie Viljoen (Foto: Fanie Viljoen/Facebook)

Is skryf die manier waarop jy uiting gee aan jou kreatiwiteit en het jy al gewonder of jou skryfwerk goed genoeg is?

Nou is jou kans om nie net deel te neem aan ʼn skryfkompetsie nie, maar om ook by die bekende skrywer Fanie Viljoente leer.

LitNet bied ’n skryfkompetisie vir hoërskoolleerders saam met Viljoen aan. Twee pryse van R3 000 elk is in die kategorieë gr. 8 en 9 en gr. 10 tot 12 op die spel. Penguin Random House skenk ook boekpryse vir die vyf beste inskrywings in elke kategorie.

“LitNet se Skole-skryfkompetisie is die ideale manier om jou kreatiwiteit uit te leef,” sê Viljoen. “Talle Suid-Afrikaanse skrywers het met kompetisies soos hierdie hul vlerke vir die eerste keer begin sprei en later sukses behaal.”

Deelnemers moet ’n skryfstuk van 200 woorde neerpen waarin indrukke en gewaarwordinge in reaksie op ’n video gegee word. Viljoen verskaf ook waardevolle skryfwenke aan leerders.

skole-skryfkompetisie-met-fanie-viljoen-002.jpgHy sê dat hy graag elke hoërskoolleerder wil aanmoedig om deel te neem. “Ja, die prysgeld en boeke wat jy kan wen is fantasties, maar in hierdie tyd waarin ons leef, sal jy ervaar hoe skryfwerk jou laat ontsnap na binneplekke waarvan jy nie weet nie. Probeer dit en skryf!”

Vir Afrikaans-onderwysers op soek na ’n prettige manier om ’n gaping in leerders se skryfwerkportefeuljes te vul, bied die kompetisie ’n ideale geleentheid om entoesiasme vir skryf onder leerders aan te wakker.

Besoek die LitNet-kompetisieblad vir besonderhede oor hoe om deel te neem. Inskrywings moet LitNet teen 2 Junie 2021 bereik. Die Skole-skryfkompetisie word moontlik gemaak deur die ondersteuning van die Hiemstra Trust en Penguin Random House.

* LitNet bied ook gratis vraestelle en skolehulp, byvoorbeeld Wiskunde-video’s, aan. Klik hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.