Skryfnet: Kom skryf ʼn liefdesverhaal

Skryf is ʼn kunsvorm, en so is daar binne dié kunsvorm ook verskeie genres. Een hiervan wat mense al oor eeue heen vermaak en behoorlik wegvoer, is ʼn goeie liefdesverhaal.

Skryfnet, wat binnekort een volle jaar oud is, skop 2022 af met ʼn splinternuwe kursus, Skryf ʼn liefdesverhaal.

Skryf ʼn liefdesverhaal is ʼn praktiese ses weke lange aanlyn skryfkursus wat fokus op die belangrikste elemente van ‘n liefdesverhaal. Daar sal geleer word hoe om oortuigende karakters te skep en hul drome en motiverings gebruik om hul plot woema te gee en spanning te bou. Deelnemers gaan ook touwys gemaak word oor hoe om liefdesverhaal vir publikasie voor te lê.

Die kursus is ontwikkel vir Skryfnet deur Madri Victor, gesoute boekeredakteur, manuskripontwikkelaar en mentor vir vele voornemende skrywers. Madri gaan ook die fasiliteerder van die kursus wees.

Kom skryf nou in!

Die aanbieder van die kursus, Madri Victor. Sy het ook die kursus ontwikkel (foto verskaf)

Die ses weke lange aanlyn kursus – Skryf ʼn liefdesverhaal – begin 14 Februarie 2022. Deelnemers ontvang elke week nuwe leerinhoud op dié platform en kan dan teen hul eie pas die inhoud deurwerk en die week se werkstuk voltooi. Die aanbieder, Madri Victor, ondersteun die deelnemers om die inhoud en vaardighede te bemeester en gee ook weekliks terugvoer op werkstukke. Deelnemers kan ook te eniger tyd met mekaar op die platform se kletskamer gesels.

Aan die einde van die kursus sal daar gespog word met die eerste hoofstukke van ʼn liefdesverhaal en ʼn sertifikaat van Skryfnet.

Inskrywings sluit 7 Februarie 2022 en die kursus begin 14 Februarie 2022.  

Let wel, as ʼn vereiste om in te skryf, moes deelnemers al die Inleiding tot Kreatiewe Skryfkuns by Skryfnet of enige soortgelyke kursus voltooi het.

Besoek Skryfnet vir meer besonderhede en om in te skryf.

Die koste van die kursus beloop R2 100.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.