Skryfnet se vlagskip-kursus weer aangebied; ander kursusdatums bekend

skryfnet-aanlynwinkel-ab.jpgSedert Februarie 2021 help Skryfnet aspirantskrywers om te woeker met idees en woorde.

Die eerste aanlyn kursus van Skryfnet was die agt weke kursus “Inleiding tot kreatiewe skryfkuns”, ontwikkel deur prof. Hans du Plessis. Daarna het verskeie kort kursusse gevolg. Vroeër vanjaar het die ses weke lange kursus “Skryf ʼn liefdesverhaal” die lig gesien en dit word tans aangebied.

Die goeie nuus is dat Skryfnet binnekort weer sy vlagskipkursus, “Inleiding tot kreatiewe skryfkuns” herhaal. Datums is ook reeds gefinaliseer vir nog kursusse later vanjaar.

Inleiding tot kreatiewe skryfkuns 

Begindatum: 7 Maart

Dié inleidende, praktiese kursus maak deelnemers aan die hand van die kortverhaal touwys in die basiese beginsels van verhalende prosa. Die kursus word aangebied deur Elzebet Stubbe, ’n senior boekeredakteur by Penguin Random House.

Die kursus fokus op skryfbeginsels, skeppingselemente en die skryfproses. Deelnemers word met teoretiese kennis en praktiese vaardighede toegerus om uiteindelik ʼn eie verhaal te beplan, te skryf en te ontleed. Aan die einde van die kursus sal deelnemers kan spog met ʼn afgeronde kortverhaal en ʼn sertifikaat van Skryfnet.

Inskrywings sluit op 4 Maart 2022 en die kursus begin op 7 Maart en duur tot 2 Mei. Die kursus kos R2 850. Daar is egter ʼn beperkte aantal plekke beskikbaar. Registreer sommer nou vir dié kursus.

Kom skryf ʼn liefdesverhaal

Die aanbieder van “Skryf ‘n liefdesverhaal”, Madri Victor. Sy het ook die kursus ontwikkel (Foto: Verskaf)

5 September tot 17 Oktober

Alhoewel die “Skryf ʼn liefdesverhaal”-kursus tans aangebied word, is daar reeds ʼn datum bepaal vir ʼn herhaling van die kursus. Dit is ʼn praktiese ses weke lange aanlyn skryfkursus wat fokus op die belangrikste elemente van ʼn liefdesverhaal. Jy word geleer hoe om oortuigende karakters te skep en hul drome en motiverings te gebruik om hul plot woema te gee en spanning te bou. Deelnemers gaan ook touwys gemaak word oor hoe om liefdesverhaal vir publikasie voor te lê.

Die kursus is ontwikkel vir Skryfnet deur Madri Victor, gesoute boekeredakteur, manuskripontwikkelaar en mentor vir vele voornemende skrywers. Sy gaan ook die fasiliteerder van die kursus wees.

Die kursus kos R2 100.  Registrasie open binnekort.

Nuwe kursusse in 2022

Nog goeie nuus is dat ons reeds besig is met die ontwikkeling van nuwe kursusse wat binnekort aangekondig gaan word. Hou dus dié spasie dop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.