Skryfnet: Skryf ’n kinderverhaal vir kinders van agt tot 12

lees-boeke.jpg

Argieffoto

Was dit nog altyd jou droom om jou eie kinderverhaal te publiseer? Wil jy die lewens van laerskoolkinders verryk met ’n storie wat hulle nog lank gaan bybly?

Dan is daar goeie nuus vir jou! Skryfnet, die Afrikaanse skryfskool, bied eersdaags ’n kursus aan wat ontwikkel is deur Carina Diedericks-Hugo en aangebied word deur Nanette van Rooyen, en jou gaan leer om die perfekte kinderverhaal te skryf.

Diedericks-Hugo is ’n gesoute kinderverhaalskrywer wat die ATKV-Kinderboekprys reeds ses keer gewen het, en is veral bekend vir boeke soos die Thomas@-reeks wat te sien is as ’n TV-reeks op kykNET, asook Koning Henry, Operasie M.I.A.A.U. en Die verdrinking van Josua van Eden.

foto-carina.jpg

Die kursus is ontwikkel deur Carina Diedericks-Hugo. (Foto: Verskaf)

Van Rooyen publiseer al kinderboeke sedert 1994. Sy het haar debuut in die kindermark gemaak met Onkel en Pops en het sedertdien al 18 kinderboeke asook twee bekroonde tienerromans geskryf.

Skryf ’n Kinderverhaal sal oudergewoonte aanlyn aangebied word oor ’n tydperk van ses weke. Dit is ’n praktiese skryfkursus wat fokus op die belangrikste elemente van kinderverhale.

Deelnemers aan hierdie kursus sal leer hoe om ’n kinderboek te beplan, te ontwikkel en te skryf vir kinders tussen die ouderdom van agt en 12.

As jy ’n kinderstorie in jou hart het wat jy graag met die jongspan wil deel, is Skryf ’n Kinderverhaal ’n móét.

Die kursus skop amptelik op 6 Junie 2022 met ’n aanlyn verwelkomingsessie af.

Om jou plek te bespreek, klik hier. Sodra die registrasieproses afgehandel is, sal daar ’n e-pos met verdere inligting deurgegee word om toegang te kry tot die leerplatform.

foto-nanette.jpg

Die kursus word aangebied deur Nanette van Rooyen. (Foto: Verskaf)

Deelnemers wat die kursus voltooi, ontvang ’n sertifikaat van Akademia. Inskrywings sluit op 1 Junie 2022. Die kursus kos R2 100 per persoon.

Besoek ook Skryfnet se webwerf vir meer inligting en antwoorde op vrae wat gereeld opduik.

Skryfnet is ’n projek van Maroela Media en Akademia.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.