Skrywersfees by Pretoria se derde Boekejol

coenie-de-villiers-2017

Coenie de Villiers is een van die musikante wat tydens Saterdagaand se BoekeJol Boekbohaai gesprek met die direkteure van SA se kunstefeeste. Foto: Verskaf.

Pretorianers kan die laaste koue dae van die winter kom afskud in die warm geselskap van die derde BoekeJol en Filmrolfees.

Vanjaar se fees word onder die tema “Kort-Kort” aangebied met die belofte dat besoekers kort-kort die geleentheid gaan kry vir saamkuier, debatteer, lag en oordenking rondom hulle gunstelingboek, -gedigte of -fliek.

Besoekers van oor die land kan ook uitsien daarna om verras te word deur die kreatiwiteit van die verhoogproduksies en prikkelende, soms sensitiewe aktualiteitsgesprekke wat onderwerpe insluit uit ʼn breë spektrum wat sal handel oor die geskiedenis, transformasie, kultuurverskille en geldsake, om maar net ʼn paar te noem.tydens

Afrikaanse boeke en skrywers geniet weereens die voorkeur op die program, maar daar word vanjaar ook ʼn paar Engelse skrywers en boeke ingesluit.

Die fees skop af met ʼn gesellige Kronkelkuier waar gaste kan ontspan met pragtige musiek en smul aan heerlike geregte voor die aanvang van ʼn wye verskeidenheid geleenthede.

Die program sluit onder meer in:

  • ʼn radio-omroeperswerksessie
  • die honderdste verjaardagviering van die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls
  • talle nuwe boeke vir die jeug
  • ʼn digitale fotovertoning
  • gespreksforums waaraan die publiek met mening kan deelneem
  • ʼn geleentheid vir belangstellendes om skrywers by te staan met die skryf van ʼn storie
etienne-van-heerden-2017

Etienne van Heerden is maar net een van die bekroonde skrywers wat by vanjaar se BoekeJol te siene sal wees. Foto: Verskaf.

Kundiges soos Tim du Plessis, Pieter Geldenhuys, Coenie de Villiers, Cobus Bester en Bettina Wyngaard sal aktuele gesprekke en boekbesprekings lei. Musiekvermaak word gebied deur kunstenaars soos Gloria Bosman, Hemelbesem, Kevin Leo en Anna Davel. Besoekers kan uitsien om skrywers soos Etienne van Heerden, Helen Zille, Dana Snyman en Thandeka Gqubule te ontmoet.

Die Atterbury Teater sal ʼn mengelmoes van geleenthede huisves, maar elke aand sal daar ʼn skrywer-en-sanger-kombinasie aangehoor en geniet kan word.

Dié uitgewers is betrokke by die fees:

  • NB-Uitgewers
  • Penguin Struik
  • Jonathan Ball
  • Protea Boekhuis
  • Briza publikasies
  • Naledi

“My wens is om met die BoekeJol en Filmrolfees ʼn omgewing te skep waar oud en jonk meer krities en kreatief kan dink, lees en luister. Daarom bied ons die geleentheid aan besoekers om ou bekende en nuwe skrywers persoonlik te ontmoet.

“Die fees is enig in sy soort in die noorde van ons land en wil mense van alle sfere aanmoedig om boeke opnuut te geniet. Dit is die fees in Pretoria waar Afrikaanse en Engelse boeke, skrywers en sprekers geniet, belees, beluister en bevorder word,” het Dia van Staden, die feesorganiseerder, gesê.

Die BoekeJol en Filmrolfees word vanjaar van 16 tot 20 Augustus by die Lynnwoord Bridge-sentrum en Alkantrant-biblioteek aangebied. Vir meer inligting oor die fees, besoek BoekeJol se Facebook-blad en webwerf.

  •  Luister ook na die onderhoud boaan hierdie berig waar Dia van Staden meer besonderhede oor vanjaar se BoekeJol-feesprogram gee.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.