So kry ons Afrikaans…


Christo van Rensburg

Die fokus val op Afrikaans en die mense wat Afrikaans praat. Hoe pas almal se stukkies in die legkaart van Afrikaans in, as mens agterna daarna kyk? In hierdie vertelling word gekyk na die raakpunte tussen Afrikaans en sy sprekers. Hoe het hulle hulle rolle in die geskiedenis van Afrikaans gespeel?

Hierdie boek het ‘n paar vertellings in die oog: Die eerste Afrikaans wat gepraat word en hoe die eerste optekening van die oudste geskrewe Afrikaans lyk. Hoekom Afrikaans se taalgebied daarna drasties verander het. Daarmee is die storie nog maar net aan die begin. Afrikaans is ook geskryf. ‘n Storie of twee daaraan verbonde. En nog steeds gaan die verhaal aan…

‘n Taal, soos Afrikaans, bestaan uit al sy variëteite. ‘n Paar van Afrikaans se variëteite kom hier aan die bod. Wat is die betekenisse van sy variëteite vir Afrikaans? Van die interessantste kante van die taal lê juis daar, en ‘n groot taalrykdom. Daar is altyd redes vir die bestaan van variëteite. Om te verstaan hoe variëteite werk, moet ons ver terug loop op die spore van sy sprekers. Hierdie boek onderneem ‘n paar sulke reise. By uitsondering verwys die teks na persone. Partykeer na vroeë reisigers en hulle waarnemings. Sonder sulke reisigers se getuienis kan die geskiedenis van Afrikaans nie vertel word nie. Ander kere is ‘n naam genoem om die aandag op ‘n besonderse bydrae tot Afrikaans te vestig.

Oor die outeur:
Christo van Rensburg was dosent in Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria toe hy begin belangstel in die dialekte van Afrikaans. Wat word vertel van die vorming van Afrikaans? Hy het verskeie navorsingsondersoeke uitgevoer op soek na antwoorde, onder andere ‘n omvattende ondersoek oor die Afrikaans van die Griekwas. Later het hy departementshoof geword van die departemente Afrikaans aan die Universiteit van die Vrystaat en die Universiteit van Pretoria, asook die direkteur van die Eenheid vir die Ontwikkeling van Taalvaardigheid. Hy doen steeds navorsing oor die wortels van Afrikaans, waaroor hy publiseer en lesings lewer.

Uitgewer: LAPA Uitgewers
Prys: R165-00*
Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.