Sluit nou by hierdie wonderlike, avontuurlustige meerkat-familie aan op ’n reis om die wêreld. Of hulle nou in Parys of by die Piramides kuier, by die Groot Muur van China of by die Groot Koraalrif in Australië – jy is saamgenooi! Maak jou gereed vir ure se meerkat-kattekwaad! Jy moet net tien meerkatte op elke blad soek. Klink maklik genoeg, nè? Wees gewaarsku: Hierdie familie smelt goed in by enige skare. Meerkatte is kenners van vermomming … so jy sal mooi moet soek!
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R100-00*
*Prys onderhewig aan verandering