Sondag op ‘n voëlplaas

deur Johann Nell47539937_0_Img2

Hy wou al wegkom. Kleintyd al.

Weg van daardie volstruisplaas waarop hy grootgeword het. Weg van al die boersheid en kleindorpse benepenheid. Weg van ʼn pa wat dreig om hom vas te spyker aan ʼn stuk dorre aarde sodat hy nooit kan verlaat nie. Weg van daai voëls!

En hy hét weggekom. Vir goed.

Maar…

Wat?

Hy kan nie presies sê nie, maar dis asof ʼn reuse-golf hom op ʼn dag tref – absoluut uit die bloute – en toe hy daarna om asem lê en spartel, is dit asof hy vanuit die yskoue dieptes opkom na die helder wete dat hy moet terug. Hy moet terug na daardie plasie en daardie tyd waarvan hy so naarstig wou wegkom. En hy moet terug na ʼn plaasmeisie wat hom lank, lank gelede aan die hand geneem en ʼn donker spelonk binnegelei het, hom nader en nader gebring het aan die onnoembare duisternis van háár geheim.

Sondag op ʼn voëlplaas is ‘n heerlike en holderstebolder indompeling in die raaisels van die lewe, maar dit is ook ‘n diepsnydende ondersoek na manlike identiteit en die wyse waarop dit deur ‘n plaasverlede gevoed word.

Oor die outeur:
Johann Nell is in die Boland gebore en word groot op Oudtshoorn. Hy studeer op Stellenbosch en behaal later ʼn onderwyskwalifikasie en M.A. in Afrikaanse letterkunde aan die Universiteit van die Vrystaat. Hy hou ʼn ruk skool as Afrikaanse-onderwyser. Johann en sy gesin woon al 25 jaar in Bloemfontein waar hy tans in die farmaseutiese bedryf werk. Musiek (hy is ʼn kerk-orrelis), kosmaak en ritte in die Kruger-wildtuin is van sy gunstelingtydverdrywe. Hy en sy gesin reis graag na Europa waar hulle nuwe plekke sien en ander kulture ontdek.

Sondag op ʼn voëlplaas is Johann se debuutroman en vertel ʼn verhaal wat afspeel op ʼn volstruisplaas in die Kangovallei, naby die Kangogrotte op sy geliefde Oudtshoorn.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R220-00*
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.