Spesiale agent Peter van der Wind en die Chinese draak

Carina Diedericks-Hugo

Peter van der Wind is net elf jaar oud, maar hy is ‘n spesiale (en geheime) agent.

Cool! Nee, dis nie cool nie. Dit is GLAD nie cool nie, want hy is net ‘n geheime agent omdat hy ‘n baie spesiale…uhm…wel…talent het.

Moenie lag nie … Hy laat winde. Hard. So hard dat hy kan vlieg.

En dit is die rede waarom die regering hom aangestel het om allerlei vreemde dinge te ondersoek. Toe die president ‘n e-pos stuur oor ‘n geheimsinnige Chinese skip wat in Suid-Afrikaanse water opgemerk is, moet Peter weer hope spinasie, kool, blomkool en broccoli eet … en met ‘n KNAL vertrek hy om die geheim van die Chinese draak op te los!

Oor die outeur:

Carina Diedericks-Hugo is gebore in Johannesburg en het grootgeword in Pretoria en Kaapstad. Na matriek aan Herschel Girls’ School in Kaapstad, studeer sy aan die Universiteit van Stellenbosch en behaal die grade BA (Internasionale Studies), Honneurs Afrikaans en Nederlands (cum laude) en MPhil (Joernalistiek). Sy is die skrywer van die Thomas@-reeks en ander boeke sluit in Koning Henry, Operasie M.I.A.A.U. en Die verdrinking van Josua van Eden. Sy is al benoem vir die Sanlamprys vir Jeuglektuur en die M.E.R.-prys. Sy het die ATKV-Kinderboekprys vyf maal gewen. Sy As sy nie stories skryf nie, werk sy as uitgewerskonsultant, resensent en artikelskrywer. Sy bly saam met haar man, die digter Daniel Hugo, en drie katte in Stellenbosch. Sy put haar inspirasie uit haar man, bling-bling, sjampanje, sjokoladekoek sonder versiersuiker, Lady Gaga en Sondae op Greyton.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R80-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.