Speurhond Willem en die wilddiewe

Elizabeth Wasserman en Chris Venter

Willem en Adriaan is terug vir hulle derde avontuur saam! Nadat hulle Europa en die Indiese Oseaan deurkruis het, is hulle dié keer op eie bodem doenig: in die Laeveld, waar daar in die gebied rondom tannie Lolla se plaas op renosters jag gemaak word. Willem-hulle word ingeroep om die stropers te help aankeer.

Hierdie is die derde boek in die reeks. Daar word nog ‘n vierde titel beplan vir 2012: Speurhond Willem in die ruimte (Februarie 2012).

Oor die outeur
Elizabeth Wasserman is professor en hoof van die afdeling Geneeskundige Mikrobiologie van die Universiteit van Stellenbosch se Tygerberg-kampus. Die karakter van Willem is gebaseer op ‘n hond wat regtig bestaan: hy is die swart-en-wit spanjoel wat al 6 jaar by Elizabeth en haar gesin in Welgedacht, buite Kaapstad, woon.

Chris Venter is ‘n vryskutkunstenaar. Van sy mees onlangse projekte is Middernagfees (Jaco Jacobs), Karla Krullebol (Theresa van Baalen) en My boetie dink hy’s Batman (ook Jaco Jacobs). Chris woon deesdae in Stellenbosch.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R105,00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.