Spogresepte

Resepte van die Suid-Afrikaanse Vroue-Landbou-unie

Spogresepte is ’n spogboek wat 200 liplekker resepte bevat, en is saamgestel deur die lede van die Vroue-Landbou-unie ter viering van hul 80ste bestaansjaar.

Hierdie lekkerlees-kookboek bevat resepte vir tradisionele en eietydse geregte wat geskik is vir gewone gesinsetes en vir die onthaal van gaste. Die resepte is ekonomies en bevat alledaagse bestanddele wat in die meeste huise se koskaste gevind sal word.

Van slaaie en bykosse tot watertandlekker vleisgeregte en nagereg, bied dié boek staat-makerresepte wat enige geleentheid kan red; dit is die tipe resepte wat uitgedeel word aan vriende en familie, en wat dan uiteindelik weer familiegunstelinge word.

Heleen Meyer, skrywer van Onthoukos, (wat brons verwerf het in die International Gourmand kookboekkompetisie), Food from the heart en Kos is op die tafel! het die samestelling gekoördineer en die resepte geredigeer tot staatmakerdisse.

Uitgewer: Lapa
Prys: R225,00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.