Spring

deur Fanie Viljoen

Hoe ver sal jy gaan om die meisie van jou drome te beïndruk? Wat sal jy doen om jou beste vriend se lewe te red?

Rudi en Steven maak ʼn snaakse video. Die soort dom video wat jy maak om ‘m meisie te probeer beïndruk. Kort voor lank het hulle hope aanhangers op YouTube. Hulle kry selfs ʼn bynaam – die Vidiote.

Maar dan ontmoet hulle vir Marco. Marco het planne. Opwindende planne. Gevaarlike planne. Planne om die Vidiote se toertjies beter en waaghalsiger te maak. En dan loop dinge skeef…

Uitgewer: LAPA Uitgewers
Prys: R100-00*
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.