Storieman Omnibus 1

Leon Rousseau

Die Storieman-reeks wat in die 1980s deur Leon Rousseau uitgegee is, was ongetwyfel een van die grootste kinderboeksuksesse van ons tyd. Hierdie omnibus-uitgawe is ‘n versameling van die mooiste en gewildste plaaslike- en feeverhale uit die bekende Storieman-reeks. Dit sluit die oorspronklike voorlesings op twee oudio-CDs in. Kom luister in hierdie uitgawe saam na geliefde verhale soos “Besie”, “Van Hunks en sy pyp”, en “Wolraad Woltemade”, asook na die klassieke “Brolloks en Bittergal” en “Jakkals en Wolf”-stories. Hier is ook feëverhale soos “Die drie varkies” en “Gouelokkies” om weer van nuuts af te betower!

Storieman is só ontwerp dat selfs die jongste kind dit kan gebruik. ‘n Ghongslag klink elke keer wanneer die bladsy omgeblaai moet word, sodat dit maklik is om die storie in die boek te volg. By die huis, in die motor… Storieman is daar! Honderde aanhangers wag reeds opgewonde vir hierdie opwindende nuwe uitgawes! Omnibus 2 volg in Oktober 2012.

Oor die outeur:
Leon Gerdener Rousseau is op 5 Maart 1931 in Kaapstad gebore. In 1959 begin hy en Koos Human ‘n nuwe uitgewery Human & Rousseau. Nadat Human & Rousseau in 1977 aan Nasionale Pers verkoop word, tree hy uit en stig ‘n klein uitgewery, Ibis. In hierdie tyd publiseer hy ook die suksesvolle Storieman-reeks onder die naam van Rubicon-Pers. Leon Rousseau se bekendste werk is Die Groot Verlange (1974), die verhaal van Eugène Marais wat in 1975 met die CNA-prys bekroon is. Leon is ook bekend vir sy Fritz Deelman-boeke.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R139-95*
* Prys onderhewig aan verandering.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.