Storieman omnibus 3

deur Leon Rousseau

Storieman Omnibus 1 en Omnibus 2 wat in 2012 verskyn het, was ongetwyfeld ‘n reusesukses. Nou volg ook ‘n derde omnibus, met nóg gewilde verhale waarvoor elke Storieman aanhanger reeds angstig wag! Hierdie omnibus-uitgawe sluit die oorspronklike voorlesings op twee oudio-CDs in. In hierdie uitgawe is Gobbolino, die geliefde heksekat, weer terug! Kom luister ook saam na gunstelinge soos “Die gelukkige prins”, “Die Gobbelrot” en “Die groot, harige bogman” en kom lag lekker vir stories soos “Die groot pasteiwedstryd” “Eierdrome”. Hier is ook feëverhale soos “Skoonlief en die ondier” en “Aspoestertjie” om weer van nuuts af te betower.

Oor die outeur:
Leon Gerdener Rousseau is op 5 Maart 1931 in Kaapstad gebore. In 1959 begin hy en Koos Human ‘n nuwe uitgewery Human & Rousseau. Nadat Human & Rosseau in 1977 aan Nasionale pers verkoop word, tree hy uit en stig ‘n klein uitgewery, Ibis. In hierdie tyd publiseer hy ook suksesvol die Storieman-reeks onder die naam van Rubikon pers.
Leon Rousseau se bekendste werk is Die groot verlange (1974), die verhaal van Eugène Marais, wat in 1975 met die CNA-prys bekroon is. Leon is ook bekend vir sy Fritz Deelman-boeke.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R145-00*
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.