Suid-Afrikaanse helde en ikone

deur Wendy Maartens

Ontmoet van die dapperste mense (en diere) in Suid-Afrika se geskiedenis…
Wolraad Woltemade wat man alleen met sy perd die stormsee ingery het om skipbreukelinge te red.
Die onverskrokke generaal Koos de la Rey wie se dapperheid vandag nog besing word.
Wollie, ‘n klein brakkie met ‘n groot hart.
Die siek seuntjie Nkosi Johnson wat mense regoor die wêreld geleer het om siek mense met respek te behandel.
En Nelson Mandela wat 27 jaar in die tronk was sodat sy land se mense vry kon wees.

Wendy Maartens se lewendige, deernisvolle vertellings maak hierdie klassieke en moderne Suid-Afrikaanse heldestories vir oud en jonk toeganklik. ‘n Moet-hê-boek vir elke huis!

Uitgewer: LAPA uitgewers
Prys: R160-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.