Talia vat grond

Melissa Scharneck

Ná amper 10 jaar se wegsteek en regpraat is genoeg genoeg, besluit Talia. Die man moet gaan. Maar binne ’n jaar besef sy dit is makliker om te skei as om klaar te kry. Sente tel, ’n vuil kombuis en eensame staptogte in die plattelandse stof is die belonings vir haar egskeiding. Om nie te praat van haar lus vir die lewe wat êrens langs die pad in die stof gebyt het nie.

Maar net toe Talia besluit dat boedel oorgee en asemhaal genoeg is, slaan een van haar skoliere se storie haar wind uit. Tussenin onbetaalde rekeninge, haar laslapgesin se streke en ’n Griekse god wat haar vuil gedagtes gee, moet Talia help vasplak wat gebreek is agter die meisie se ribbes. As dit nie vir ’n handjie vol goeie mense, wortelkoek en groot glase rooiwyn was nie…Daar’s dalk nie tyd vir skottelgoed was nie, maar tyd vir grondvat, dit máák ’n mens.

Oor die outeur
Melissa Scharneck is in 1983 in die Oos-Kaap gebore. Op skool het sy deelgeneem aan digwedstryde en geskryf vir die skoolkoerant, maar sy het haar pen saam met haar tienerangs laat vaar en ’n beroep in grafiese ontwerp gevolg. Ná sewe jaar het sy eerder begin skoolhou en in die onderwys het die inspirasie om te skryf haar ingehaal. Sy bly op Queenstown en is besig met ma-wees en studies vir ’n letterkunde-graad. Talia vat grond is haar skryfdebuut.

Uitgewer: Queillerie
Prys: R175,00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.