Tamatiestraat

Henning Janse van Vuuren

Die veertienjarige Lelanie Louw se ma spring onverwags saam haar nuwe man op ‘n vliegtuig na Europa. Niemand het ‘n idee wanneer om haar terug te verwag nie. Intendeel, dit lyk al hoe meer vir die snipperige Lelanie of sy glad nie terugkom nie. Skielik moet sy en haar ouer broer Dewald by hul pa in sy woonstel interk en teen wil en dank aanpas. Chambord-woonstelle in Pretoria huisves verskeie vreemde karakters, sommige met verskuilde agendas -en soos enige kind weet hou hoërskool al reeds genoeg uitdagings in. Asof hulle lewens nie genoeg ontwrig is nie, raak dinge lelik sodra Gustav Buitendach vir Dewald vra om vir hom ‘n pakkie by die woonstel af te gee.

Oor die Outeur:
Henning Janse van Vuuren het na skool aan die Universiteit van Pretoria in die regte studeer. Daarna sluit hy hom by die Suid-Afrikaanse polisie aan, waar hy ‘n offisier word. Hy bekwaam hom later as prokureur, maar sy passie vir skryf laat hom ‘n kursus in Kreatiewe Skryfkuns en Joernalistiek loop. Hy het ook as joernalis vir Laevelder in Nelspruit gewerk. Etlike kortverhale uit sy pen, in Afrikaans sowel as Engels, is op Litnet gepubliseer en in 2012 debuteer hy met Kruitvat.

Uitgewer: e-formaat
Prys: R25-00*
*Prys onderhewig aan verandering

Vir meer inligting besoek:  www.kobobooks.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.