Kits cappucino: Tata 2011

Vir maande lank het ek jou my volle aandag gegee. Jou goed leer ken. My hele lewe rondom jou beplan. En nou, sommer net so, is jy weg. Ongeskik!

Skaam vir jou. Soos ‘n sleg bruidegom het jy vir my voor die altaar gelos om alleen verder te loop. Poef! Weg is jy. So asof ek die maklikste ding op aarde is om te vergeet. Mind you, ek weet nie eintlik hoekom ek so verontwaardig is nie…

Want jy het meer as een keer my hart gebreek. Wanneer ek doodmoeg was, het jy eenvoudig aangegaan. My saamgesleep sonder om een keer om te stop. Met soveel belofte het jy my na dinge laat uitsien, net om die mat onder my voete uit te ruk, of ‘n klip in die pad te rol. Wéé jy?!

As ek nog ‘n jong bruid was, sou ek dalk die goeie wou onthou. Of miskien sou ek met ‘n bottel sjampanje probeer het om die gat wat jy los te vul. En half besope na ‘n plaasvervanger soek. Maar ek is nou ouer. Meer geoefen met die tipe ding… Daarom dus: Tata 2011! Ek sien uit na ‘n toekoms sonder jou.

Fran
X

• Fran se blog, Kits Cappuccino, gaan weekliks op Maroela Media gepubliseer word. Kom volg haar gerus en skryf terug deur op haar blog kommentaar te lewer – sy kan nie wag om te hoor wat jy wil vertel nie!
Kyk ook uit vir Fran se boek, Groete, Fran, wat beskikbaar is by www.bookshelf.co.za, enige VVA-tak (Vrystaat Versorging in Aksie) of bestel dit by [email protected]. ʼn Groot gedeelte van die omslagprys van R180 gaan vir ʼn goeie doel. Dis die ideale geskenk vir daardie spesiale vriendin of sommer net vir jouself!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.