Theresa van Baalen lees voor uit ‘Z-A-K: Die reis na Zenkion’

Theresa van Baalen

Sluit by Mitch, Lionel en Imke aan vir ’n aksiebelaaide avontuur oor vreemde wesens, astrotuie en ’n soeke na antwoorde.

Toe Mitch daardie oggend met ’n knop op sy maag wakker geword het, het hy geen idee gehad dat vreemde wesens sy tuisdorp sou binneval nie. Saam met sy gesin, en baie ander, word hy ontvoer. Saam met sy vriende, Lionel en Imke, plus haar Zenkioniet-vriende, word hulle die ruimte ingestuur.

Hier is hulle nou, iewers in die ruimte op Akaï-hulle se astrotuig.

Op Skurorinok word Mitch, Akaï en die ander van Lionel en Imke geskei. Sal hy ooit weer vir Imke of Lionel sien? Wat gaan in die geheim op Zenkion aan en hoe pas die ontvoerde aardbewoners in die prentjie?

Z-A-K: Die reis na Zenkion is die opvolg van Z-A-K: Die Blou Planeet.

Oor die skrywer

Theresa van Baalen woon al vir bykans 30 jaar op Port Nolloth, maar het tydelik verhuis na Hermanus ter wille van haar jongste seun se hoërskoolloopbaan. Sy het op nege al besluit dat sy ’n skrywer gaan word. Dit het gebeur nadat sy Enid Blyton se The Secret Seven gelees het. Sy is al met ATKV-kinderboektoekennings vereer en het die Tienie Holloway-medalje vir haar eerste prenteboek ontvang. Sy bly graag kreatief besig met kuns en handwerk.

  • Luister hierbo na ʼn voorlesing uit Z-A-K: Die reis na Zenkion deur Theresa van Baalen. Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat die voorlesing nie in ʼn klankateljee opgeneem is nie, maar deur die skrywer self.

Genre: Jeugfiksie
Ouderdom: 13 en ouer
Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R185,00*

*Pryse onderworpe aan verandering
Koop die boek en e-boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.