Adriaan van Dis
Tikkop is ‘n roman oor verraad, maar ook oor vriendskap en die liefde vir ‘n taal en ‘n land. Dit vertel die geskiedenis van die twee blanke mans – die Nederlander, Mulder, en die Suid-Afrikaner, Donald, – wat as studente betrokke geraak het by die internasionale verset teen die Apartheid. Na veertig jaar hernu hulle weer hul vriendskap en verken hulle hul gevoelens van weleer: daar is ‘n gedeelde liefde, vriende wat verraai is en ideale wat verloën is.
Die werklikheid van die nuwe Suid-Afrika lyk anders as hulle drome van toentertyd.
Mulder, wat in Parys woon, besluit om in die Kaap te kom bly, terwyl Donald sy stryd voortsit in ‘n verstikkende klein vissersdorpie. Die plaaslike bevolking voel verraai: hulle visregte is opgeskort deur korrupte leiers, daar is geen werk nie en hul kinders ontvlug deur TIK te gebruik.
Die twee manne ontferm hulle dan oor ‘n talentvolle verslaafde seun aan wie hulle ‘n nuwe toekoms wil bied – mits die knaap die TIK kan oorwin.
Uitgewer: Protea
Prys: R180-00*
* Prys onderhewig aan verandering