Tjailaresepte

Jou eie resepte…saam met Amore Bekker

Amore Bekker se stem word al vir die afgelope 20 jaar in ons huise gehoor. Sy was by streekradiostasies in die Wes- en Oos-Kaap betrokke en is sedert 2007 by RSG waar sy op weeksdae Tjailatyd tussen 3 en 5 nm. aanbied. Amore het al verskeie toekennings vir haar uitsaaiwerk van die ATKV gekry en in 2010 word sy as die luisteraars se gunsteling-aanbieder aangewys. Tjailatyd is ‘n huistoeryprogram wat mense se batterye vir die aand herlaai met lekker musiek, interessante praatjies, speletjies, en dan die hoogtepunt van die program so net voor 5 uur – tjailaresepte!
“Ek praat myself en die luisteraars so honger, die minste wat ek kan doen, is om hulle huis toe te stuur met ‘n idee vir aandete!”

In Tjailaresepte is die RSG-luisteraars aan die woord met praktiese, watertandresepte vir elke dag van die week. Dit wissel van ou familiegunstelinge tot moderne kitsresepte wat alledaagse bestanddele gebruik wat in jou koskas is.

“Kos is nie my eerste liefde nie, mense is…maar kos is ‘n manier om mense te beleef. Ek wou nader aan my luisteraars kom, en jy leer iemand ken op die manier wat hulle ‘n resep vertel…veral as hulle honger is! Ons lekkerste tye bymekaar is tog om ‘n tafel met geurige kos, goddelike wyn en goeie geselskap! Nou sit ons smiddae om die radio, en kwyl oor die lekker kos! Dankie aan al die luisteraars wat ons in Tjailatyd vermaak met hulle resepte, sekere resepte is spoggerig, die ander uit ‘n boek, en die res uit die hart! Mag jy lekker saam smul!”

Uitgewer: Naledi
Prys: R179,00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.