Tjoppie-boeke: Die muskiet, Tjoppie se verjaardag

Liz de Villiers

Tjoppie se prettige, kleurryke avonture is perfek vir storietyd saam met peuters en kleuters. Dit is geskik vir kinders nul tot ses jaar.

Tjoppie en die muskiet
Vandag is daar ʼn aaklige gogga wat vir Tjoppie pla en steek. Dit jeuk oral! Gelukkig ontmoet hy ook vir Tonkie die spinnekop wat hom kan help.

Tjoppie se verjaardag
Dit is vandag Tjoppie se verjaardag! Hy kry baie geskenke. Maar saam met wie van sy maats moet hy eerste speel? Dit is tog die lekkerste as almal leer om saam te speel.

Oor die skrywer

Liz de Villiers het as lektor in visuele kommunikasie by die AAA School of Advertising in Kaapstad gewerk en onlangs haar meestersgraad in ontwerp by die Kaapse Skiereiland Universiteit vir Tegnologie (KSUT) voltooi. Sy woon en werk tans as onderwyser in Engels in Sejong in Suid-Korea.

Oor die illustreerder

Vian Oelofsen is ʼn heeltydse kinderboekskrywer en illustreerder. Hy werk vir plaaslike asook internasionale uitgewers en het al meer as 50 boeke vir kinders geïllustreer. Hy is veral bekend vir sy illustrasies van die gewilde Liewe Heksie en Haas Das-reekse. Hy woon in Stellenbosch.

Prys: R95,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.