David Melling
Wie kan help as ’n mens ’n GROOT bekommernis het? Daar is iets groots fout met die pragtige nuwe wolmus wat Dirk persent gekry het en die skape gee vir hom allesbehalwe goeie raad! Gelukkig weet Dirk sy pa is altyd daar vir hom . . .
’n Heerlike opvolg tot die baie gewilde prenteboek Dirk soek ’n drukkie. Deernisvol en bekoorlik.
Oor die outeur
David Melling is sedert 1986 ‘n vryskut-illustreerder. In 1993 illustreer hy sy eerste kinderboek. Hy is bekend as die skrywer en illustreerder van The Kiss that Missed, wat in 2002 verskyn het en met die Kate Greenaway-prys bekroon is. Hy het reeds meer as 60 boeke geïllustreer, waarvan hy 15 ook self geskryf het.
Hy woon naby Oxford, saam met sy vrou en twee kinders.
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R105*
* Prys onderhewig aan verandering.