Tot siens, Koning Arthur

Annelie Ferreira

Sylvia van der Merwe moet honderd ure gemeenskapsdiens doen, sy is geskors uit haar skool voordat sy matriek kon klaarmaak, en saans werk sy hard om die finansiële las vir haar enkelma en kleinboetie te verlig. Dit is wêrelde verwyder van enkele maande tevore toe sy nog planne gehad het om te gaan medies swot en gekies is as skoolprefek. Minstens is alles nie net sleg nie – haar hunk van ‘n boyfriend Hein is nog net so smoorverlief op haar, en die dienswerk by die ouetehuis is darem nie te sleg nie. En daar is tog vele ander alternatiewe beroepe as medies.

Wanneer haar kleinboetie egter siek word en die dokter by noodgevalle nie wil luister nie, moet Sylvia op haar instinkte staatmaak. Dieselfde instink wat vir haar sê dat alles ook nie pluis is met haar en Hein nie.

Ligte, lekkerlees-boek wat vermaak, maar ook beslis meer diepgaande kwessies raak.
Die skrywer skep ‘n jong heldin by wie lesers sal aanklank vind.
Besonder aantreklike omslagontwerp deur Hanneke du Toit.

Oor die outeur:
Na ‘n BA en diploma in Vertaling aan die US het Annelie as taalpraktisyn en subredakteur by Sanlam se Taaldienskantoor en Human & Rousseau Uitgewers gewerk. Daarna volg deeltydse- en vryskutwerk vir ‘n verskeidenheid uitgewers en publikasies. Sy publiseer ‘n aantal nie-fiksieboeke, onder andere, Daar’s ‘n mens binne, Die dag toe ons God gevang het en Eva ontmoet Einstein, asook ‘n roman, Hoekom honde nie kan sing nie. Sy was die samesteller van Paaie, ‘n boek oor verskillende godsdiensperspektiewe. Sy is getroud, met twee dogters, en bly tans in Bristol, Engeland, waar haar man as aktuaris werk. Sy reis gereeld terug na hulle huis in Durbanville. Goue Wenner: Sanlam-prys vir Jeuglektuur 2011.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R135-00*
*Prys onderhewig aan verandering

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.