Trompie omnibus 2

deur Topsy Smith

In hierdie omnibus, wat nóg drie gewilde Trompie-strories bevat, word die sproetgesig Grootkaptein en die Boksombende se avonture voortgesit. In Trompie die hoërskoolseun maak die Boksombende ʼn plan om geld in te samel om vir Rooie ʼn fiets te koop. In Trompie die dromer word die bende bedreig – deur ʼn meisiekind. Trompie, die Grootkaptein en meesterlike planmaker, is smoorverlief en sit heeldag net en droom. In Trompie die speurder kom Trompie en Rooie op skelms af wat fietse steel. Trompie agtervolg die diewe en beland in ʼn groot penarie. Sal Trompie hierdie gevaarlike avontuur oorleef sodat hy weer saam met sy manskappe onder die blou hemel kan vergader

Oor die outeur:
Topsy Smith se karakter Trompie was vir die jongmense van sy era ʼn rolmodel. Smith is een van die mees geliefde en suksesvolle jeugboekskrywers in Afrikaans. Sy Trompie-reeks het ʼn belangrike bydrae tot die Afrikaanse letterkunde gelewer en dit het jongmense baie jare lank lus en lief vir lees gemaak.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R99-95*
*prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.