Tuiskoms – Stories oor die liefde

Irma Joubert

In hierdie boek word ’n baie gewilde skrywer se lekkerlees-kortverhale vir die eerste keer byeengebring. Hier is ’n ryke verskeidenheid stories, onder meer oor geleenthede soos Kersfees, Vadersdag, ensovoorts, en liefde – in sy vele fasette uitgebeeld – is die gemene deler.

In al die verhale is Irma Joubert se fyn waarnemingsvermoë merkbaar, asook haar intieme kennis van en deernis met haar karakters.

Oor die outeur
Irma Joubert is op 28 Augustus 1947 in Pretoria gebore. Sy matrikuleer in 1965 aan die Hoërskool Nylstroom. Sy verwerf ’n BA-graad (1968) aan die Universiteit van Pretoria en later ’n Honneursgraad in Geskiedenis aan Unisa (1986). In 2004 het sy na 35 jaar in die onderwys (Afrikaans en geskiedenis) afgetree en na twee ATKV-skryfskole het sy begin skryf. Twee van haar eerste boeke, Verbode drif en Ver wink die Suiderkruis, het in 2006 verskyn (en is twee jaar later heruitgegee). In 2007 verskyn die baie gewilde Tussen stasies. Twee jaar later verskyn Anderkant Pontenilo by Tafelberg, en dis in 2009 opgeneem in Exclusive Books se Homebru-lys. Irma doen intensief navorsing vir al haar boeke en skryf verhale waarin menseverhoudinge en geskiedenis die fokus is. Haar verhale is vol deernis en empatie, met ’n sterk skoot liefdesintrige altyd teenwoordig. Irma en haar man woon in Bloemfontein.

Uitgewer: Tafelberg
Prys: R160,00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.