Turke kan binnekort dié Afrikaanse boek geniet

Donker spoor, Martin Steyn se debuutroman, gaan in Turks vertaal word. Dit volg nadat die literêre agent, Catrina Wessels, die boek suksesvol aan die uitgewer A7kitap voorgelê het.

Die roman is ook bekroon met ’n ATKV-Woordveertjie in die kategorie spanningsromans.

Die boek is ook suksesvol in die VSA uitgegee deur Catalyst Press as Dark Traces. Steyn het die vertaling self hanteer. Dark Traces is met ’n Kirkus-ster vereer. Dit is ’n enorme eer, komende van ’n tydskrif wat bekend is vir vlymskerp kritiek sedert 1933. Kirkus ken jaarliks ’n baie groot prys van US$50 000 toe. Boeke, soos Steyn s’n wat ’n ster kry, kom outomaties in aanmerking vir hierdie prys, wat beteken Dark Traces ding nou mee om die Kirkus-prys vir 2018.

Die resensie maak positiewe melding van Martin se gebruik van Afrikaanse woorde soos “klagtebakkie” en “oom” wat in die VSA-teks behoue gebly het.

Nòg LAPA, nòg Steyn weet wat “klagtebakkie” en “oom” in Turks is.

Steyn se tweede boek, Skuldig, is ook met ’n ATKV-Woordveertjie bekroon. Swartval, sy derde boek, was ’n baie donker roman wat verkragting en die gevolge daarvan bekyk het. Sy vierde roman, Losprys, verskyn in Oktober. Soos die titel aandui, handel dit oor die ontvoering van ’n rykmanskind.

Donker spoor en Dark Traces is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R295-00*
*Prys onderhewig aan verandering

Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Charles ·

Gevolgtrekking: Afrikaans kook, en sy wereldwye voetspoor en blootstelling vergroot daagliks!!!

Afrikaans Bo !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.