Tussen middernag en dagbreek

Japie Bogaards

Tussen middernag en dagbreek is ’n vernuftige misdaad- en psigologiese riller wat Afrikaanse fiksie verruim.

Marco Verkerk is die seun van Nederlandse immigrante wat grootword op ’n plattelandse dorpie. Hy is ’n buitestander en ’n dwelmslaaf wat ten spyte van sy familie se ondersteuning telkens weer terugval en desperaat soek na verlossing. Hottie kom na jare uit die tronk kom vir sy aandeel in ’n gewapende roof. Hy dra pynlike ervarings van diskriminasie en onreg teen hom saam. Sam, Hottie se beskermengel in die tronk, het die doodstraf gekry ná ’n plaasmoord. Hy word op parool vrygelaat. Wraak en haat is die adrenalien waarop Sam leef. In een verskriklike nag verstrengel hierdie lewens in ’n orgie van bloed en geweld – ’n nag van katarsis vir Sam, Hottie én Marco.

Oor die outeur:
Japie Bogaards het ’n Meestersgraad in Kreatiewe Skryfkuns aan die Universiteit van Pretoria behaal. Hy is ‘n voedseltegnoloog in die suiwelbedryf. Lees en skryf is sy stokperdjies. Tussen middernag en dagbreek is sy debuutroman.

Uitgewer: Lapa
Prys: R170-00*
* Prys onderhewig aan verandering
Tussen middernag en dagbreek is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek hul webblad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.