Uittreksel: Spinnekop

Illustrasie by die gedig "Spinnekop"

Illustrasie by die gedig “Spinnekop”

Een van die gedigte uit Deon Opperman se nuwe bundel met kindergedigte, Goggagedigte.

Spinnekop

Vanoggend net teen sonop
aan ‘n bloekomboom se tak,
was ‘n spinnekoppie besig
met ‘n nuwe spinnerak.

Versigtig word die draadjies
van blaar tot blaar gespan,
elkeen word mooi styf getrek,
so styf as wat sy kan.

Soos ouma met haar hekelpen
vleg sy haar spinnedoek –
knoop en trek, knoop en trek,
van hoek tot hoek tot hoek.

Uiteindelik as sy klaar is
gaan sit sy in die kring
en hang daar soos die maan
deur ‘n sterreruim omring –

want toe die son sy kop uitsteek
in die vroeë-oggend kou,
glinster al die draadjies
met ‘n duisend druppels dou.

Daarom is die spinnekop
in haar krans van silwer sy
meer as net ‘n gogga…
sy’s die oggendskildery.

Klik hier vir meer inligting oor die boek en om die bundel te bestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.