Uittreksel: Toorwoorde roep my deur Valiant Swart

 

Kleinmond koebaai

wie wou jy naby aan jou hê?
by wie wou jy vir oulaas lê?
by wie gooi jy jou laaste draai?
Kleinmond koebaai
Kleinmond koebaai

toe jy jouself voëlvry verklaar
destyds, in ons swartste jaar
toe jy opstaan met jou stem en jou klavier
en jou songs oor verraad en anargie

het jy iets in ons kom wakker maak
het jy mense met mekaar laat praat
ons iets gegee om aan vas te klou
jou hart vir Hillbrow en ons vir jou

wie wou jy naby aan jou hê?
by wie wou jy vir oulaas lê?
by wie gooi jy jou laaste draai?
Kleinmond koebaai
Kleinmond koebaai

ja, dit was die dae van rewolusie en games
saam met Hanepoot en Volume en James
pap tyres in die wildernis
vinger in die lug, ‘n rebel in die mis

en toe verloor jy ons deur die krake in die pad
toe jou engele jou op ander paaie vat
en toe verloor ons jou op die lange duur
nou mis ons jou en wens jy was hier

wie wou jy naby aan jou hê?
by wie wou jy vir oulaas lê?
by wie gooi jy jou laaste draai?
Kleinmond koebaai

ja, as rock ‘n roll eenvoudig was
en die mense net nice
dan was hierdie aarde ook jou paradise
Kleinmond koebaai
Kleinmond koebaai

(Vir Johannes Kerkorrel)

Vir meer inligting oor die boek klik hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.