Vaarwel, klein soldaat

Piet van Rooyen

Jim Thorpe is die bevelvoerder op die plaas Langlaagte in die Vrystaat. Hy noem sy geheime klein kommando die Leër van die Laaste Dae. Danksy Thorpe se militêre opleiding is hy en sy troepe gereed vir die onderdrukkers se aanslag. Thorpe se twee half-Sjinese dogters, Lulu-pai en Nicola, is ook deel van die kommando – en van die gevaarlikste soldate wat hy het.
Lulu-pai neem entoesiasties deel aan haar eerste sending in Johannesburg. Wanneer sy terugkeer is dit met meer selfvertroue en begin sy haar verset teen haar vader. Sy besef dat haar tweede sending haar gevaarlikste nog sal wees, en dat haar vader haar grootste en gedugste teenstander is.

Oor die outeur
Van Rooyen is ’n bekroonde romansier en digter. Sy eerste roman, Die spoorsnyer, het die Tafelberg/Sanlam/De Kat-romankompetisie en die CNA-prys vir ’n debuutroman gewen. Die olifantjagters is met die M-Net-prys vir Letterkunde bekroon. Hy is tans professor in politieke wetenskap aan die Universiteit van Namibië.

Veral mans sal hierdie aksiebelaaide roman geniet.

Uitgewer: Protea
Prys: R140-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.