Aanhangers van Deon Meyer se boeke kan dié vakansie in Kaapstad ʼn toer onderneem om bekende liggings in sy boeke te besoek.
Dié unieke oudio-visuele toer besoek tonele uit Meyer se bekende 13 Uur, Spoor, 7 Dae, Kobra en Ikarus. Herleef die jaagtog teen Leeukop en Tafelberg uit en deur Kaapstad se boomryke voorstede. Besoek die moordtoneel uit 7 Dae en die toneel waar ʼn poging op Benny Griesel se lewe gemaak is. Sien ook die skerpskut se uitsig vanaf Seepunt. Spoor lei die toer na die kleurvolle Bo-Kaap en moskee gevolg deur die dodelike Waterfront-ontmoeting.
Deon se denkproses agter die boeke en persoonlike staaltjies word ook tydens die toere gedeel.
Deon het nie enige aandeel in die toere nie, maar ondersteun die inisiatief.
Die toer vind een keer per dag plaas tussen Dinsdae en Sondae. Dit begin om 10:00 by The Grand Café & Beach en duur ongeveer drie uur lank.
Die toer kos R600 per persoon en sluit een koeldrank en ʼn verversing halfpad in.
ʼn Gelukkige toeris staan elke maand die kans om ʼn ondertekende eksemplaar van een van Deon Meyer se boeke te wen.
Besoek die webwerf: Deon Meyer Mystery Tours
Ag nee blik…
Ek is mal oor Deon Meyer se boeke en het al die boeke wat hier genoem word gelees, en nog ander ook. Ek is net nie bereid om R600 op die toer te spandeer nie. Ek dink my geld kan beter spandeer word.