Van Nierop, Pienaar steeds gewild onder lesers

Die Afrikaanse boekemark se fiksie, niefiksie en kinderboeke bied ʼn groot verskeidenheid leesstof aan boekwurms. Voeg hierby tientalle resensies, lesersindrukke en skrywersonderhoude wat in die media verskyn, en dit is te verstane dat lesers soms kopkrap oor hul leeslyste en boekaankope.

Graffiti Boeke het pas ʼn topverkoperlys vir September bekendgemaak. As jy dus nog wonder wat om nou te lees, behoort dié lys jou te help. Maak ook seker dat jy nie onderaan hierdie berig die voorskou misloop van Graffiti se Aanlynkuiers wat in Oktober aangebied word nie.

Fiksie

  1. Gerugte van ʼn Ontvoering deur Chris Karsten (NB-Uitgewers)
  2. Een vir een deur Peet Venter (Lapa Uitgewers)
  3. Op ʼn mooi dag deur Irna van Zyl (Penguin Random House)
  4. Die ompad terug deur Helena Hugo (NB-Uitgewers)
  5. Marilyn deur Chanette Paul (Lapa Uitgewers)
  6. Moord op Lake Panic deur Leon van Nierop (Penguin Random House)
  7. Sneeu in die Karoo deur Jeanne Goosen (Hemel & See Boeke)
  8. 25 Trappe na benede deur Madelein Rust (Lapa Uitgewers)
  9. Die waarde van stil bure deur Zelda Bezuidenhout (NB-Uitgewers)
  10. Die Spore van Gert Saggiestrap deur Marco Botha (Flyleaf)

Niefiksie

  1. Skeef deur Renaldo Schwarp (Lapa Uitgewers)
  2. Ware spookverhale van Suid-Afrika deur Daniel Lotter (Protea Boekhuis)
  3. Afrikaner Sondebok? deur Albert Blake (Jonathan Ball Uitgewers)
  4. ʼn Sonneblom vir elke dag deur Susan Coetzer (NB-Uitgewers)
  5. Eerste daar deur Kaas van der Waals (Protea Boekhuis)
  6. Vleis deur Annelien Pienaar (NB-Uitgewers)
  7. 17 maal moord deur Daniël Lotter (Protea Boekhuis)
  8. Hier waar ek nou is deur Matty Strydom (Protea Boekhuis)
  9. Kom ons loop weg deur Erika Murray-Theron (Protea Boekhuis)
  10. Die Stella-moorde deur Susan Cilliers (Lapa Uitgewers)

Kinderboeke

  1. Die mooiste sprokies van Grimm (tweede uitgawe) deur Marita van der Vyver (NB-Uitgewers)
  2. Wie skrik vir Wortel Wolf? deur Leon-Ben Lamprecht (NB-Uitgewers)
  3. Uitvinders, planmakers en ander slimkoppe van Suid-Afrika deur Engela Duvenhage (Lapa Uitgewers)
  4. Eerste verf met water Kunsboek 2 deur Fantasi (Fantasi Boeke/Books)
  5. 101 lawwe grappe deur Jaco Jacobs (Lapa Uitgewers)
  6. ʼn Hart is net atome deur Cecilia Steyn (Lapa Uitgewers)
  7. Mieke 1: Kersfees in April deur Christien Neser (NB-Uitgewers)
  8. Leer my lees (Vlak 1) 2: Tippie en die hen deur Jose Palmer en Reinette Lombard (Lapa Uitgewers)
  9. Kleuter se Eerste Rympies & liedjies: Vol 1 deur Phambili Uitgewers
  10. Lukas bou ʼn superkar deur Peti Troskie (Lapa Uitgewers)

Romanza (Lapa Uitgewers)

  1. Omdat alles sin maak deur Elsa Winckler
  2. Hart van kant deur Didi Potgieter
  3. Soeter as fudge deur Lizelle von Wielligh
  4. Uiteindelik verlief deur Dina Botha
  5. Madeliefie in Namakwaland deur Nellie Alberts
  6. Lentemelodie deur Madelie Human
  7. Waag en wen deur Renda de Waal-Fourie
  8. Nogtans sal ek jou liefhê deur Magdaleen Walters
  9. Tussen liefde en haat deur Corné van Rooyen
  10. Iemand soos Zander deur Elize Davies

Kyk ook uit vir Graffiti Boeke se Aanlynkuiers wat weekliks op Facebook aangebied word. Die jongste boeke word bekend gestel tydens ʼn aanlyn gesprek met skrywers. Lesers kan uitsien na die volgende boekgesprekke wat in Oktober aangebied word:

  • 6 Oktober: Pieter van Zyl gesels met Anschen Conradie (gespreksleier) oor Verhale van hoop (Lapa Uitgewers)
  • 7 Oktober: Freek Robinson gesels met Daniëlla van Heerden (gespreksleier) oor Freek Robinson (NB-Uitgewers)
  • 12 Oktober: Irma Venter gesels met Phyllis Green (gespreksleier) oor Minder as niks (NB-Uitgewers)
  • 13 Oktober: Ina Bonette gesels met Bertha Wahl (gespreksleier) oor Ina, ʼn verhaal van genade en genesing (Lapa Uitgewers)
  • 14 Oktober: Nataniël gesels oor 107 kaalkoppe, gespreksleier sal nog aangekondig word (NB-Uitgewers)
  • 19 Oktober: Alette-Johanni Winckler gesels met Karien Basson oor ʼn Palet vol vreugde (NB-Uitgewers)
  • 20 Oktober: Erika Bornman gesels oor Mission of malace, gespreksleier sal nog aangekondig word (Lapa Uitgewers)
  • 21 Oktober: Rudie van Rensburg gesels oor Hans bars die bioborrel, gespreksleier sal nog aangekondig word (NB-Uitgewers)
  • 26 Oktober: Azille Coetzee gesels oor Die teenoorgestelde is net so waar, gespreksleier sal nog aangekondig word (NB-Uitgewers)
  • 28 Oktober: Kobus Neethling gesels met Johan Olivier oor Rich brain, poor brain (Kejafa).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.