Van Nierop se nuwe boek bring hulde aan Afrikaanse flieks

Leon van Nierop. Foto: Skermskoot uit video.

Leon van Nierop. Foto: Skermskoot uit video.

Die alombekende skrywer, vervaardiger en rolprentresensent, Leon van Nierop, se nuwe boek, wat ook ʼn huldeblyk is aan die Afrikaanse rolprentbedryf, bespreek die beste Afrikaanse rolprente en staaltjies oor die kleurryke geskiedenis van Afrikaanse flieks.

Dié boek, Daar doer in die fliek, in samewerking met Protea Boekhuis en kykNET, is gegrond op die gewilde kykNET-televisiereeks met dieselfde naam.

Daar doer in die fliek kyk na die ontwikkeling van Afrikaanse flieks oor dekades heen met belangrike rolspelers soos Pierre de Wet, Jamie Uys, Emil Nofal, Jans Rautenbach, Katinka Heyns, Koos Roets, Dirk de Villiers en Danie Bester.

Die boek is Leon van Nierop se huldeblyk aan die Afrikaanse rolprentbedryf, wat ten spyte van insinkings, teenslae en dwaalspore reeds groot prestasies gelewer het en teen 2015 ’n ongekende bloeitydperk beleef.

Hier is Van Nierop se toptien Afrikaanse flieks:

  • Dis ek, Anna (2015)
  • Die kandidaat (1968)
  • Katrina (1969)
  • Paljas (1997)
  • Sink (2016)
  • Daar doer in die bosveld (1951)
  • Faan se trein (2014)
  • Jannie Totsiens (1970)
  • Roepman (2011)
  • Die storie van Klara Viljee (1992)

Van Nierop se drie topaktrises:

  • Elize Cawood
  • Anna-Mart van der Merwe
  • Marié du Toit

Drie topakteurs:

  • Gert van den Bergh
  • Cobus Rossouw
  • Marius Weyers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.