Van nuut tot nice

Antonet Bekker

Asof die wêreld se uitdagings nie genoeg is nie, stel mense ook dikwels vir hulleself onbereikbaar hoë
standaarde; ook wat hulle Christenskap betref. Die vraag is of hierdie vooropgestelde idees werklik
uit die Skrif kom. Met haar vars en dikwels humoristiese aanslag
deel Antonet Bekker in Van nuut tot nice haar reis van die volmaakte vrou wat sy gedink het sy moet
wees na ’n NICE vrou – Net In Christus Effektief. Sy bespreek onderwerpe soos bekering, die
Heilige Gees, fisieke en emosionele genesing, die kerk, wat stres aan jou liggaam doen en gee wenke
oor stiltetyd-hou. Elke hoofstuk sluit af met “My storie. Dalk ook jou storie” wat ’n getuienis uit die
skrywer se eie lewe is, vrae om oor na te dink en ’n gebed om jou te versterk.
Om jouself teen volmaaktheid te meet, is om altyd tekort te skiet. Maar hoe nader jy aan God
leef, hoe nicer word jy deur Hom gemaak.

Oor die outeur
Antonet Bekker was in ’n inligtingstegnologie- en opleidingsberoep toe sy in 2005 die roeping ontvang het om voltyds in die bediening te gaan. In 2007 verwerf sy haar diploma in Bybel- en Godsdienskunde met lof by die Hugenote Bybelgenootskap. Sy skryf en bied opleidingskursusse aan en tree op as spreker by byeenkomste soos damesoggende, selgroepe en gemeenteeredienste. Sy bedien mense ook op ’n persoonlike basis met innerlike genesing.

Uitgewer: CUM
Prys: R100-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.