Verklikker

Leon van Nierop

Treine het nog altyd vir Marco Lange ’n bekoring ingehou. Tot daardie verskriklike nag van die ongeluk toe sy lewe ingrypend verander het. Hierna raak Marco intens bewus van die konflik tussen leuens en waarheid en sy pad kruis met die poligraaf wat tot in sy siel kan sien, wat dinge raaksien waarvan hy self nie bewus is nie.

Dan is daar Ludwig Benouw, die man met die dood in sy oë. En die rottang. Wat die skildery maak van die wese met die oopgesperde mond.

Maar wat Marco nie verwag het nie, is die bloedigste moord wat die gemeenskap nog ooit beleef het. En die geheimsinnige kondukteur wat diep in die nag by die verlate trein waghou. ’n Kondukteur wat net Marco kan sien.

Ek skryf baie visueel sodat mense dikwels sê hulle sien my romans eintlik voor hulle afspeel. Terwyl ek skryf en herskryf sien ek ook die gebeure voor my afspeel.” – Leon van Nierop.

Vir uittreksels uit die boek, klik hier en hier.

Oor die outeur:
Leon van Nierop is ‘n bekroonde skrywer en regisseur wat reeds 24 vollengte romans geskryf het, asook verskeie radiovervolgverhale, TV-reekse, dramas, rubrieke, boek- en rolprentresensies, kortverhale, ’n kabaret en akademiese boeke. Sy mees onlangse besverkoper-roman is Vuurvreter wat in 2010 verskyn het. (Bron: http://bookslive.co.za)

Uitgewers: Lapa
Prys: R170-00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.