Versamelde werke

Ingrid Jonker

‘n Versameling van Ingrid Jonker se werke

Oor die outeur
Ingrid Jonker is op 19 September 1933 op Douglas in die Noord-Kaap gebore. Haar ma is dood toe sy nog klein was, en sy moes as kind ’n paar keer rondtrek. Haar pa, Abraham H Jonker was ’n Nasionale Party-politikus en hulle het nie goed oor die weg gekom nie. Sy het aan Wynberg Meisieskool gematrikuleer en het daarna by boekwinkels, uitgewers en drukkerye gewerk. Haar debuutbundel, Ontvlugting, verskyn in 1956, en sy ontvang in 1964 die APB-prys vir haar tweede bundel, Rook en Oker. Die prysgeld en ’n studiebeurs van Anglo American stel haar instaat om oorsee te reis. Haar dogter, Simone, wat ’n belangrike rol in Ingrid se gedigte speel, is gebore uit haar huwelik met Pieter Venter van wie sy later geskei is.

Ingrid word gegroepeer onder die “Sestigers” waarvan André P Brink en Jan Rabie ook deel was.

Sy pleeg selfmoord deur op 19 Julie 1965 by Drieankerbaai die see in te loop. Haar derde en laaste bundel, Kantelson, het postuum in 1966 verskyn.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R210,00*
* Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.