Victor: my reis – Victor Matfield met De Jongh Borchardt

Ek kan ‘n uur lank praat oor alles wat hy bygedra het en die waarde wat hy tot Suid-Afrika toegevoeg het… Hy is ‘n rugby-reus. Volgens my, die beste Springbok wat daar al ooit was. – John Smit

Een Wêreldbeker, ‘n reeks-oorwinning oor die Britse en Ierse Leeus, twee Drienasies-titels, drie Super Rugby-trofeë en drie Curriebekers…

Dit is een man se buitengewone prestasies in ‘n loopbaan wat oor 16 ongelooflike jare gestrek het. Sy naam is Victor Matfield, en hy is ‘n internasionale en Suid-Afrikaanse sportlegende. Jy wíl sy storie lees…

Vanaf sy grootwordjare toe hy ‘n skaam, sport-mal seuntjie in Pietersburg was totdat hy die kruin van sy sukses in sy rugbyloopbaan bereik het, het Victor as ‘n professionele sportman op die harde manier geleer van die plesier wat die lewe bied sowel as die pynlike druk wat daarmee saam gaan.

In hierdie outobiografie waarna daar met groot afwagting uitgesien is, vertel hy openhartig van sy verhoudings met sy afrigters, insluitend Heyneke Meyer, Jake White en Peter de Villiers, die sterk bande wat hy met sy spanmaats gesmee het by die Bulle en in die nasionale span, en sy diepgaande liefde en respek vir die Springbok-trui.

Hy bespreek die strydige kwessies wat die Suid-Afrikaanse rugbytoneel geteister het in die tydgleuf waarbinne sy loopbaan geval het, die opgang in Blou Bul-rugby en hul tekortkominge ten opsigte van topvorm-kondisie tydens sy laaste rugbyseisoen, die Bokke se kontroversiële kwarteindstryd wat die einde an hul mededinging om die Rugbywêreldbeker in 2011 beteken het, sy uittrede uit rugby en veel, veel meer.

Victor: my reis is ongetwyfeld die een boek wat elke rugbyliefhebber sál wil lees.

Vir uittreksels uit die boek klik hier en hier.

Oor die skrywer
Victor Matfield is die afgelope dekade die wêreld se voorste rugbyslot en die Springbokspan-speler met die grootste aantal verskynings ooit. Hy het sukses gesmaak op elke denkbare vlak van hierdie sportsoort en is een van die beste rugbyspelers wat Suid-Afrika al ooit opgelewer het. Hy is getroud met Monja en hulle het twee dogters, Jaime en Gizelle.

De Jongh Borchardt is ‘n voormalige rugbyjoernalis met meer as 10 jaar se skryfondervinding. Hy het sy loopbaan aanlyn by rugby365.com in Kaapstad begin en daarna Pretoria toe geskuif waat hy ‘n spesialis-rugbyskrywer vir die koerante Beeld en Rapport was. Hy is tans werksaam in die Korporatiewe Sake – departement van die Suid-Afrikaanse Rugby-unie in Kaapstad. De Jongh is getroud met Zelda en hulle het een seun, Tiaan.

Uitgewer: Random House Struik
Prys: R220-00*
* Prys onderhewig aan verandering

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.