Video: Aletté-Johanni Winckler se ‘ʼn Palet vol vreugde’

Aletté-Johanni Winckler

Aletté-Johanni Winckler is ʼn beïnvloeder, voorkomskonsultant, vrou en ma wat lesers met die 366 dagstukkies in ʼn Palet vol vreugde nader aan God neem.

Sy daag jou uit om die Here in elke aspek van jou lewe te vertrou: van ma-wees, jou gesin se finansies, die toekoms en negatiewe gedagtes tot jou selfbeeld, loopbaan en nog soveel meer.

Ontdek saam met Winckler God se palet vol vreugde vir elke dag. Met insette van vriendinne soos Marciel Hopkins, Anel Alexander, Christi Panagio, Donnalee Roberts-Botha en Chireze Hoogendyk.

Winckler het ʼn graad in joernalistiek en is ook ʼn gepubliseerde skrywer, motiveringspreker, liedjieskrywer en TV-aanbieder. Sy het reeds drie motiveringsboeke spesifiek vir vroue die lig laat sien. Winckler het die LullaBaai-reeks geskep, wat uit vier CD’s, twee DVD’s en ʼn Lulla-Bybel/Lulla-Bible bestaan waarvan al meer as 55 000 eksemplare in Suid-Afrika, die VSA en Australië verkoop is.

As spreker reis sy die land vol en motiveer mense om hulle Godgegewe talente en potensiaal te ontdek en uit te leef.

ʼn Palet vol vreugde het pas by Lux Verbi, ʼn druknaam van NB-Uitgewers, verskyn, en dit kos R270 (prys onderworpe aan verandering). Klik hier om die boek aanlyn te koop.

Karien Basson het met Aletté-Johanni Winckler oor haar dagstukkieboek gesels. Luister hier na die volledige gesprek wat deur Graffiti Boeke aangebied is:

Graffiti Boeke se aanlyn kuiers en boekbekendstellings word weekliks op Facebook aangebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.