Video: Azille Coetzee gesels oor ‘Die teenoorgestelde is net so waar’

Azille Coetzee 

Lien, Katryn en Charlotte was jare lank beste vriendinne. Die vriendskap was van die begin af onwaarskynlik. Lien is heeltemal together, Katryn is temperamenteel en onvoorspelbaar. En Charlotte is die een wat stil-stil foto’s neem en skilder, en nooit ophou waarneem nie.

Die teenoorgestelde is net so waar deur Azille Coetzee is ʼn vlymskerp en eerlike roman oor die verbintenis tussen drie jong vroue. ʼn Aangrypende verhaal wat strek oor jare en skuif tussen kuns en seks, joga, vriendskap, lojaliteit en geheime.

Coetzee is ʼn postdoktorale navorser in gender en dekolonisasie aan die Universiteit Stellenbosch by die Sentrum vir Historiese Trauma en Transformasie. Sy het ʼn PhD in filosofie van die Vrije Universiteit van Amsterdam en die Universiteit Stellenbosch. Coetzee is ook die skrywer van In my vel wat in 2019 by Tafelberg verskyn het. Haar navorsing is in verskeie internasionale feministiese joernale gepubliseer en sy skryf soms vir plaaslike Afrikaanse publikasies soos Vrye Weekblad, LitNet en Rapport.

Die teenoorgestelde is net so waar het pas by NB-Uitgewers verskyn, en dit kos R295 (prys onderworpe aan verandering). Klik hier om die boek aanlyn te koop.

Bibi Burger het met Azille Coetzee oor haar roman gesels. Luister hier na die volledige gesprek wat deur Graffiti Boeke aangebied is:

  • Graffiti Boeke se aanlyn kuiers en boekbekendstellings word weekliks op Facebook aangebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.