Video: Chanette Paul gesels oor ‘Marilyn’

Chanette Paul 

Vywervrou? Nee, ʼn kaivrou. Dit is wat sy is.

Omring met haar geliefde vywervroue, weet Marilyn sy is nie een van hulle nie. Sy is ʼn kaivrou, die waterwese wat mans en kinders die dieptes intrek en laat verdrink. Daarvan getuig haar hele lewe tot hier toe. Dit is iets waarmee sy gedink het sy vrede gemaak het.

Met die pandemie wat die wêreld op sy kop keer en die ouderdom wat Marilyn al hoe meer bewus maak van haar sterflikheid, is dit seker nie vreemd om bestek op te neem van wat agter haar lê nie. Dit moet wees waarom haar gedagtes deesdae aanhoudend terugfoeter na die verlede toe. So ver terug as daardie jaar toe sy Paul Avenant ontmoet het, en uiteraard ook die tragiese gevolge van dié ontmoeting. Nie dat dit daarna veel beter gegaan het nie. Een onbesonne ding ná die ander het sy aangevang tot sy hier op Vywerbaai beland het. Hier waar sy met haar seun kon herenig en, as enorme bonus, die vywervroue leer ken en hegte vriendskappe gesmee het.

Sy was sowaar naïef genoeg om te dink die meetsnoere begin nou vir haar in die regte plekke val. Tot die dag voor die eerste grendeltydperk toe sy besef ʼn mens se sondes haal jou altyd in. Selfs sondes wat jy nie self gepleeg het nie …

Chanette Paul, skrywer van Marilyn, was in nege skole, het by vyf universiteite studeer en al in sewe provinsies gebly. Paul se eerste verhaal waarvoor sy betaling ontvang het, is ʼn sprokie wat sy op sestienjarige ouderdom geskryf het en op Siembamba voorgelees is. Die tweede, ʼn kortverhaal, is in haar universiteitsjare in Huisgenoot gepubliseer.

Marilyn het pas by Lapa Uitgewers verskyn en dit kos R350 (prys onderworpe aan verandering). Klik hier om die boek aanlyn te koop.

Anschen Conradie het met Chanette Paul oor haar roman gesels. Luister hier na die volledige gesprek wat deur Graffiti Boeke aangebied is:

GRAFFITI AANLYNKUIER MET CHANETTE PAUL

Marilyn – Chanette Paul in gesprek met Anschen ConradieVywervrou? Nee, ʼn kaivrou. Dis wat sy is. Omring met haar geliefde vywervroue, weet Marilyn sy is nie een van hulle nie. Sy is ʼn kaivrou, die waterwese wat mans en kinders die dieptes intrek en verdrink. Daarvan getuig haar hele lewe tot hier toe. Dis iets waarmee sy gedink het sy vrede gemaak het. Met die pandemie wat die wêreld op sy kop keer en die ouderdom wat Marilyn al hoe meer bewus maak van haar sterflikheid, is dit seker nie vreemd om bestek op te neem van wat agter lê nie. Dit moet wees waarom haar gedagtes deesdae aanhoudend terug foeter na die verlede toe. So ver terug as daardie jaar toe sy Paul Avenant ontmoet het, en uiteraard ook die tragiese gevolge van dié ontmoeting. Nie dat dit daarna veel beter gegaan het nie. Een onbesonne ding na die ander het sy aangevang tot sy hier op Vywerbaai beland het. Hier waar sy met haar seun kon herenig en, as enorme bonus, die vywervroue leer ken en hegte vriendskappe gesmee het. Sy was sowaar naïef genoeg om te dink die meetsnoere begin nou vir haar in die regte plekke val. Tot die dag voor die eerste grendeltydperk toe sy besef ʼn mens se sondes haal jou altyd in. Selfs sondes wat jy nie self gepleeg het nie … Marilyn is die verwagte vervolg op die Vywervrou-trilogie wat uit Lira, Mirre en Corali bestaan. Dit is 'n verhaal oor ouer word en liefde tussen ouer karakters, en bied selfs 'n goeie dosis spanning. Dit is deur en deur vir die lesers geskryf. Chanette het die manuskrip begin skryf nadat soveel lesers gesmeek het vir Marilyn se storie.https://www.graffitiboeke.co.za/af/378088/Boeke

Posted by Graffiti Books & Stationery on Thursday, August 12, 2021

  • Graffiti Boeke se aanlyn kuiers en boekbekendstellings word weekliks op Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Delene ·

Klink baie interessant! My tipe storie! Gaan die boek verseker aanskaf!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.