Video: Chris Karsten gesels oor ‘Gerugte van ʼn ontvoering’

Chris Karsten

Wanneer Harry tussen sy omswerwinge deur Afrika asemskep, kom kuier hy by sy geliefde ma in Johannesburg. Gusta is veral na aan sy hart ná sy pa haar vir ʼn jonger pop gelos het. Gelukkig weet Harry sy is veilig daar bo in haar luukse dakwoonstel in Ponte Towers.

Teen die tyd dat Harry in Oos-Afrika opgespoor word, is sy ma al dae lank dood. Harry kry die reuk van ʼn groot gekonkel. Nie eens daai parmantige Ella Neser gaan hom keer nie.

Chris Karsten is op 9 November 1947 op Morgenzon in Mpumalanga gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Hoogenhout op Bethal en behaal ʼn BA-graad met Afrikaans-Nederlands en sielkunde as hoofvakke aan die Universiteit van Pretoria (1970). Hy werk daarna as koerantjoernalis by Die VolksbladBeeld en Rapport.

Karsten is die skrywer van twee kinderboeke, Floris sapiens (1985) en Die jokkie wat met perde kon praat (1997). Hy ontvang die Sanlamprys vir jeuglektuur (silwer) vir Floris sapiens. Sy eerste roman, Frats, het in 2007 verskyn, en is ʼn jaar later met die ATKV-prosaprys bekroon.

As koerantman was hy in verskillende joernalistieke hoedanighede gemoeid by baie van die stories wat in sy Ware Misdaad-reeks opgeneem is. Van die titels wat sedert 2007 in dié reeks verskyn het, sluit in Riller in die raaiselOpspraak deur moordDodelike vroueVerlore onskuld en Boos en bisar.

Gerugte van ʼn ontvoering het pas by NB-Uitgewers verskyn en dit kos R310 (prys onderworpe aan verandering). Klik hier om die boek aanlyn te koop.

Maryke Roberts het met Chris Karsten oor sy roman gesels. Luister hier na die volledige gesprek wat deur Graffiti Boeke aangebied is:

  • Graffiti Boeke se aanlyn kuiers en boekbekendstellings word weekliks op Facebook

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.