Video: Demografie en die Afrikaner

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, sê selfbestuur sal nog momentum kry soos wat Afrikaners sien hoe hierdie projekte sukses begin behaal. Foto: Reint Dykema.

Hoekom speel demografie so ’n belangrike rol in Suid-Afrika? En waarom is dit vir die Afrikaner noodsaaklik om vir toekomsbeplanning kennis te neem van demografiese verwikkelinge in die land?

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, verwys in dié video na die stryd tussen Westerse waardes en die ont-Westering van die land. Hy wys daarop dat demografiese werklikhede ’n kernrol in die beplanning van die Afrikaner se toekomsvisie moet speel.

  • Maroela Media plaas elke Vrydag en Woensdag een van ʼn reeks van vyf video-onderhoude waarin Buys en Ernst Roets, AfriForum se hoof van beleid en aksie, enkele brandpunte wat die toekoms van die Afrikaner raak. Dié sake word volledig in Buys se nuwe boek, Die pad na selfbestuur: Anderkant die mislukking van staatsbestuur, uiteengesit. Die pad na selfbestuur word deur Kraal Uitgewers uitgegee en is hier beskikbaar teen R300.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

21 Kommentare

jongste oudste gewildste
Maljan

Ontwestering van die land? Terwyl al die ontwesteraars n westerse pak dra, in n wetsraevoertuig ry en in n westerse huis woon? Die mense sal altyd n grap bly!

Walter

Die twee manne kan lekker gesels. Feit is, hulle verteenwoordig nie Afrikaners nie. Hulle is nog nooit verkies om namens Afrikaners te praat nie. Hulle is betaalde amptenare van ‘n organisasie met 300,000 betaalde lede. Wat hulle doen is nie noodwendig in Afrikaner belang nie.

Pieter

Walter wie dink jy moet names ons praat of ons praat verteenwoordig die Afrikaners en wat is volgens jou in die Afrikaners se belang.

Feite

Die verskillende groepe loods goeie projekte wat nie net hulself bevoordeel, maar darem hier en daar ook behoeftiges help. Die rede hoekom daar nie eenheid onder afrikanergeledere is nie is omdat elkeen op sy eie mishoop n sakeryk bou. Dit gaan nog uitstekend goed met die meerderheid afrikaners wie nie groepe soos solidariteit benodig nie, inteendeel raak die meerderheid afrikaners erg geirriteer dat solidariteit/afriforum praat en optree namens die afrikaner in plaas van namens solidariteitslede wie afrikaners is. Die meerderheid afrikaners praat namens hulself, en afriforum/solidariteit moet maar net namens hulle lede praat, dan sal dit sommer baie beter gaan… Lees meer »

Skrif teen muur

Terwyl sekeres al sedert 94 met mekaar klets oor dinge wat hulle niks aan kan verander nie, pak die slimmes hulle tasse en vertrek hulle op strepe, want hulle het lankal die skrif teen die muur gelees.