Video: Demografie en die Afrikaner

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, sê selfbestuur sal nog momentum kry soos wat Afrikaners sien hoe hierdie projekte sukses begin behaal. Foto: Reint Dykema.

Hoekom speel demografie so ’n belangrike rol in Suid-Afrika? En waarom is dit vir die Afrikaner noodsaaklik om vir toekomsbeplanning kennis te neem van demografiese verwikkelinge in die land?

Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, verwys in dié video na die stryd tussen Westerse waardes en die ont-Westering van die land. Hy wys daarop dat demografiese werklikhede ’n kernrol in die beplanning van die Afrikaner se toekomsvisie moet speel.

  • Maroela Media plaas elke Vrydag en Woensdag een van ʼn reeks van vyf video-onderhoude waarin Buys en Ernst Roets, AfriForum se hoof van beleid en aksie, enkele brandpunte wat die toekoms van die Afrikaner raak. Dié sake word volledig in Buys se nuwe boek, Die pad na selfbestuur: Anderkant die mislukking van staatsbestuur, uiteengesit. Die pad na selfbestuur word deur Kraal Uitgewers uitgegee en is hier beskikbaar teen R300.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.

21 Kommentare

Maljan ·

Ontwestering van die land? Terwyl al die ontwesteraars n westerse pak dra, in n wetsraevoertuig ry en in n westerse huis woon? Die mense sal altyd n grap bly!

Pieter ·

Malian dit gaan nie oor die pak klere of die huis of die hairstyl nie maar die ontwestering van waardes

Walter ·

Die twee manne kan lekker gesels. Feit is, hulle verteenwoordig nie Afrikaners nie. Hulle is nog nooit verkies om namens Afrikaners te praat nie. Hulle is betaalde amptenare van ‘n organisasie met 300,000 betaalde lede. Wat hulle doen is nie noodwendig in Afrikaner belang nie.

Fanie ·

Walter, jy’s reg- hul is nie verkose politici wat vir die volgende verkiesing oor 5 jaar werk nie. Hul werk daagliks vir die volgende geslag. Hul praat ook nie namens alle Afrikaners nie, maar het wel 500 000 lede wat saam hul gesinne moontlik 2 miljoen verteenwoordig. Afrikanereenheid is nie meer ‘n droom nie.

Posduif ·

@Walter: Ons luister graag na jou bydrae. Waar kan ons daarvan hoor of lees?

Wingman ·

Posduif, Afrikaners weet nie wat hulle wil hê nie. Hulle strompel maar agteruit van een krisis na die volgende, as ‘n groep en as individue. Party het klaar boedel oorgegee en val in by die massas.

Pieter ·

Walter wie moet na jou namens ons praat of die Afrikaners verteenwoordig en wat is in ons beste belang na jou mening.

Jimmy ·

Kom nou Fanie, volgens Solidariteit se syfers is daar beswaarlik 2.6 miljoen Afrikaners, kinders ingesluit. Die VF+ het slegs 417,000 stemme in afgelope verkiesing ontvang. Waar is die res? Die Afrikaner eenheid wat jy noem is ‘n droom.

Dolf ·

Fanie, onthou net dat meer as 200,000 van daai 500,000 is ook gewone vakbondlede. Van hulle is swart en voel vere vir Afrikaners. Mens kan lekker met syfers speel.

Pieter ·

Walter wie dink jy moet names ons praat of ons praat verteenwoordig die Afrikaners en wat is volgens jou in die Afrikaners se belang.

Walter ·

Pieter, alle groepe wat in Afrikaner eenheid glo moet in die openbaar vergader om een tafel. Hoekom gebeur dit nie? Dit sluit Praag, Afrikanerbond, Suidlanders, en ‘n hele klomp ander in, asook die VF Plus. Indien almal saamstem oor eenheid en die pad vorentoe sal daar wel rigting en eensgesindheid wees. Dan kan Afrikaners hul leiers demokraties verkies wat oor belangrike kwessies met gesag praat en aksies neem. Net dan sal die regering kennis neem en wakker skrik. Tans gebeur dit nie en die ANC en EFF is nie bekommerd nie. Wat ek en jy en Posduif hierbo reken is in Afrikaner belang is van min belang. Intussen is dit elke groepie op sy eie ashoop. Ongelukkig loop die tyd vir ons uit. Ons kla oor Afrikaans in skole, onteiening sonder vergoeding, BEE en wat nog. Maar eintlik boer ons agteruit. ‘n Regeringsverteenwoordiger het pas Afriforum se goeie voorlegging oor Afrikaans by die VN gekaap. Dit gebeur net te veel.

Feite ·

Die verskillende groepe loods goeie projekte wat nie net hulself bevoordeel, maar darem hier en daar ook behoeftiges help. Die rede hoekom daar nie eenheid onder afrikanergeledere is nie is omdat elkeen op sy eie mishoop n sakeryk bou. Dit gaan nog uitstekend goed met die meerderheid afrikaners wie nie groepe soos solidariteit benodig nie, inteendeel raak die meerderheid afrikaners erg geirriteer dat solidariteit/afriforum praat en optree namens die afrikaner in plaas van namens solidariteitslede wie afrikaners is. Die meerderheid afrikaners praat namens hulself, en afriforum/solidariteit moet maar net namens hulle lede praat, dan sal dit sommer baie beter gaan met alle afrikaners. Almal maak van die afrikaner die politieke speelbal en almal maak geld uit die afrikaner. Dit is tyd dat dit stop en dat solidariteit/afriforum en hulle lede die speelbal raak en die aanslag trotseer, nie die afrikaner wat nie n lid is vir voor die hand liggende redes nie. Wanneer die “popo die fan strike”, dan sal die afrikaner reg wees en saamstaan, ook saam met ander groepe, met of sonder afriforum/solidariteit. Solidariteit/Afriforum is alles behalwe die Alpha en Omega van die afrikaner!

Neels ·

Hoeveel keer in die verlede het Afrikaners maar teruggesit sodat iemand anders hul gevegte veg. En elke keer het dit in trane en verwyte geëindig. Maar steeds leer ons nie lesse nie.

Andre ·

Solidaritet en Afriforum moet dalk eerder praat en pertinent verwys na hul betaalde lede se belange, eerder as breë “Afrikaner belange.” Dit sal enige verwarring en besware vermy.

aj ·

Feite

Jy probeer die ‘handbriek’ van die Afrikaner ‘wa’ vastrek terwyl jy wag vir “eenheid”.

Ongelukkig gaan jou “eenheid wa” vir ewig DOODSTIL bly staan en daarmee saam, almal wat “WAG” vir dié of dáái wollerige ‘eenheid (hersenskim)’!

Die ‘westerse wa’ hardloop lekker los na die toekoms met geoliede wiele en “fikse voor-osse” soos Afriforum, Solidariteit en andere. Hierdie wa gaan ‘iewers” kom en baie mense langs die pad oplaai.

Maar die “handbriek brigade” se wa gaan nêrens kom nie! Wag vir beter dae…. ?

Spring liewer in en help om die westerse wa deur die drif te te stoot!

Afrikaners wie se handbriek vasgetrek is gaan op ‘n hopie bly ‘sit (en vrek)’!

Petrus ·

Die ‘westerse wa’ ry op ruwe Afrika terrein, en die wiele gaan afval met die gewig van die hulpelose passasiers wat maandeliks kaartjies koop het en hoop vir ‘n veilige rit na die beloofde land. Geen vrae word gevra nie en almal vertrou die betaalde drywer, sy touleiers en agterryers. Sodra die geld op is word passasiers afgegooi en agtergelaat. Die roete bly in sirkels beweeg en gaan nêrens heen nie. Iewers gaan die wa in die modder vasval. Reik eerder uit na die ‘handbriek brigade’. Jy gaan hulle dalk nodig kry!

Neels ·

Ek wag vir jou wa in die Wes-Kaap, ongelukkig sien ek hom nie. Nie eers in die drie ankerdorpe nie. Alles gaan mos om Transvaal. So ek werk maar aan my eie wa.

Skrif teen muur ·

Terwyl sekeres al sedert 94 met mekaar klets oor dinge wat hulle niks aan kan verander nie, pak die slimmes hulle tasse en vertrek hulle op strepe, want hulle het lankal die skrif teen die muur gelees.

Sinnelose geklets ·

Die sinnelose geklets duur al van 94 af. Slim mense vertrek op strepe en kom nie weer terug nie.

Elred Ferreira ·

Soos wat baie van die kommentare sê praat die 2 menere namens n minderheid Afrikaners. Daai minderheid is egter al wat uiteindelik gaan oorbly van die genoemde nasie, die res sal of emigreer of sleg raak saam die res, en dis hulle goeie reg. Mense soos ek sal uiteindelik deel wees van n baie klein vry Afrikaner nasie……

Kerneels ·

Nee, sonder geografiese selfbeskikking sal jy nooit vry wees nie. Die meerderheid sal jou verswelg, jou geld en eiendom vat en dan op ‘n ashoop dump. Jy sal bedel vir geld en gesondheidsorg en afhanklik wees van kommuniste se almoese. Vra nou al vir Solidariteit om te werk vir politieke afstigting, nie die selfbestuur sprokie nie. Die Ugandese vrou se leierskap is dan jou voorland.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie word ongelukkig tydelik gesluit tussen 19:30 en 06:00.

Jy kan steeds op Maroela Media se Facebook-blad en ander sosiale media saamgesels. Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.